Gestbook Riseingsouthernstar-Africa Radio Eendrag

News South Africa


LED Scroller Generator

Boer ‘lê net daar’
Beeld by Susan Cilliers on 21.02.2012 um 14:42 (UTC)
 Fochville. – Vyf rowers het ’n melkboer en sy vrou gisteroggend oorval toe hulle koeie gemelk het en die boer doodgeskiet.

Nadat die rowers gevlug het, het die egpaar se boerboel die koord losgewoel waarmee die aanvallers die boervrou se voete vasgebind het.

Me. Bernadette Hall (44) kon eers toe na haar man, David (48), hardloop waar hy enkele meters van die melkery in die gras gelê het.

“Hy het net stil daar gelê,” het ’n erg getraumatiseerde me. Hall gistermiddag huilend aan Beeld vertel.

Haar man is aangerand en in die bors geskiet.

Die Hall-egpaar het omstreeks 06:00 koeie gemelk toe me. Hall die mans deur die mielieland sien aangestap kom.

“Ek het vir my man geskree hulle kom en het ’n geweer. David is uit, maar die honde het my gekeer om uit te beweeg.”

Me. Hall het kort daarna twee skote gehoor. Die rowers het haar toe na die plaashuis ’n ent van die melkery gedwing.

Sy het haarself probeer teensit. “Ek het hulle met ’n pyp en my vuis geslaan.”

Die rowers het me. Hall met ’n panga, geweer en pyp oor die kop en lyf geslaan. Sy moes steke aan haar een vinger kry waar sy vir die panga gekeer het.

“Hulle wou geld en gewere hê. Ek het kleingeld en ons beursies vir hulle gegee en die kluis oopgesluit.”

Die rowers het egter niks gevat nie en net met die egpaar se Nissan Almera-motor gevlug nadat hulle me. Hall in die motorhuis vasgebind het.

Nadat hul hond, Caesar, haar bevry het, het sy eers na haar man se lyk gehardloop en toe per radio hulp ontbied. Ander boere en die polisie was blitsig op die toneel.

Een boer het vertel me. Hall was “buite haarself”.

Mnr. Hall se bejaarde ma, Joan, en ander familielede het mekaar gister op die toneel getroos terwyl sy lyk van die toneel verwyder is.

“Ons kan nie beskryf hoe ons voel nie, dis so onnodig,” het mnr. Peter Hall, die vermoorde mnr. Hall se broer, gesê.

“David het kos op mense se tafels gesit en nou is hy vermoor.”

Die Hall-egpaar se twee seuns en hul ma sal nou alleen aanhou boer.

“Die boerdery was my pa se droom en passie,” het mnr. Bradley Hall (23) gesê.

Die Halls se motor is enkele ure ná die moord verlate in die Kokosi-township naby Fochville gevind, het kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, gesê.

Niemand is teen druktyd al gearresteer nie.

Mnr. Chris Hattingh, DA-leier in Noordwes, het gister gesê meer as die helfte van plaasmoorde wat tot dusver vanjaar in Suid-Afrika gepleeg is, was in Noordwes.

“Hier is ’n groot leemte in landelike veiligheid.”
 

Tolls will make rich poorer - economist
News 24 on 21.02.2012 um 14:38 (UTC)
 Johannesburg - The proposed Gauteng Freeway Improvement Project (GFIP) would result in "unmitigated" success and tangible benefits for South Africa, a public finance economist said on Tuesday.

"It will make the rich poorer, not the poor poorer," Roelof Botha told reporters in Johannesburg.

Botha's research found that the project would result in the highest income earning quintile (20% of the richest people) in Gauteng paying up to 94% of the toll fees, while most of the poor people would stick to public transport.

The Congress of SA Trade Unions had said recently that the project would make the poor poorer.

Botha, who spoke in his personal capacity and stressed he was not on anyone's payroll, argued that the flagship toll project would maintain South Africa's international credit ratings and obviate the need for fuel levy increases.

It would also allow rapid investment in road construction, alleviate traffic congestion, and enhance safety.

Last year, the SA National Roads Agency Limited announced that tolling was imminent on 185km of the N1, N3, N12 and R21 around Johannesburg and Tshwane.

In terms of GFIP, these roads and their interchanges had been improved and costs estimated at around R20 billion would be recouped through toll charges.

Light motor vehicles are expected to be charged R0.40/km, medium vehicles R1/km, "longer" vehicles R2/km, and bikers R0.24/km.

Qualifying commuter taxis and buses would be exempted entirely.

E-tolling was placed on hold in January after a huge outcry that tolls were unaffordable.

Botha contended that commuting time saved (because of four lanes) would translate into productive earnings.

He was confident that the project would raise South Africa's international competitiveness.

"The GFIP funding model, approved by government as early as 2007, has assisted National Treasury in its attempts to maintain sound sovereign credit ratings during a difficult period (due to the 2008/2009 recession)," Botha said.

"It has also assisted Sanral in obtaining an international investor rating from Moody's."

He said an alternative funding through an increase in fuel price levy would, in practice, translate into funding from the country's general revenue pool and may increase the price of petrol by more than R1 per litre -- which would have an inflationary effect on the economy
 

Seun geskiet: Polisielid vas
2012-02-17 21:29 on 18.02.2012 um 18:47 (UTC)
 Mnr. Francois Beukman, uitvoerende hoof van die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD), het gesê die 41-jarige studentekonstabel verbonde aan die Dobsonville-polisiekantoor is gister omstreeks 13:40 gearresteer.

Hy verskyn Maandag in die Roodepoort-landdroshof.

Beukman en ander hooggeplaastes in die OKD het Thato Mokoka (16) se gesin gister besoek om hulle oor die vordering van die direktoraat se ondersoek in te lig.

’n Ondersoek is Woensdag gelas nadat Thato Dinsdag omstreeks 23:00 by sy ouma se huis in Bramfischerville, waar hy in ’n hut gebly het, doodgeskiet is.

Mnr. Moses Dlamini, OKD-woordvoerder, het gesê Thato is met ’n R5-geweer in die kop, rug en maag geskiet terwyl hy buite op die grond gelê het.

Die polisie is na die huis, want hulle het inligting gehad dat Thato in besit van ’n vuurwapen was en moontlik deel was van ’n bende wat skoolkinders in die gebied getreiter het.

Thato was in gr. 9 aan die Kelokitso Comprehensive School in Meadowlands.

“Ons het ’n versoek van die minister van polisie gekry om dié ondersoek ’n prioriteit te maak,” het Beukman gesê.

“Dit (Thato se dood) is ’n absolute tragedie. Die polisie moet inwoners behoorlik behandel.”

Die OKD het die saak die laaste paar dae deeglik ondersoek, maar die volle ondersoek sal eers oor ’n paar weke afgehandel wees, het hy gesê.

“Ons sal Maandag ’n aanbeveling oor die tug-aspek van die saak aan die provin­siale kommissaris doen.”

Adv. Siphokazi Moleshe, die OKD se Gautengse hoof, het gesê hulle probeer nog vasstel of die polisie ’n lasbrief gehad het om Thato se hut te deursoek.

Sy kon nie sê of die studentekonstabel daarop geregtig was om ’n R5-geweer te dra nie.

“Ons kan nie die presiese besonderhede van die ondersoek bekend maak nie.”

Me. Nompumelelo Mokoka, familiewoordvoerder, het gesê hulle is steeds getraumatiseer deur Thato se dood, maar het die studentekonstabel se inhegtenisneming verwelkom.

Sy wou haar nie uitlaat oor bewerings dat Thato ’n bendelid was nie.

’n Gedenkdiens word môreoggend in sy ouma se huis gehou, waarna hy in die Roodepoort-begraafplaas begrawe sal word.


Me. Sybil Mokoka wys waar haar kleinseun, Thato, doodgeskiet is. Foto's: Mary-Ann Palmer


Mnr. Francois Beukman (middel), uitvoerende hoof van die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD), en ander OKD-verteenwoordigers verlaat Thato Mokoka se ouma se huis. Hy het gister aan die familie gesê die studentekonstabel wat Thato glo doodgeskiet het, is in hegtenis geneem.

 

Abducted Limpopo teen found murdered
2012-02-18 19:34 on 18.02.2012 um 18:43 (UTC)
 Johannesburg - The body of an abducted teenage girl was found lying in the bushes in Matikoxikaya, near Phalaborwa, Limpopo police said on Saturday.

The 18-year-old was abducted at her home early on Friday morning while she was sleeping, Lieutenant Colonel Mohale Ramatseba said.

"It is alleged two suspects broke into the house at about 03:00 in the morning and kidnapped the victim. She was allegedly assaulted."

Ramatseba said at the time of the abduction, the girl's parents were not home.

"The girl's 1-year-old was at the house as well as another teenager who can't give us information because she is mute," said Ramatseba.

A search of the area was conducted and her body was found in the bushes at about 16:00 on Friday.

"She was allegedly strangled as she was having no visible wounds."

Police were not ruling out that the girl could have been raped before being killed.

No arrests have been made and police called for anyone with information to come forward.

 

<-Back

 1 

Continue->






Add comment to this page:
Which entry do you want to comment?
Your Name:
Your Email address:
Your website URL:
Your message:








free counters


















 
 



















My Homepage Counter

SouthAfrica-Infoweb, Erlebnis - Faszination - Südafrika

CCF Extinct in One Generation 160x600















THE WILD LIFE GALLERIE